Friday 13 May 2016


 

Seisoene

Graad 2

Sanel Prinsloo    27307026

Anansa Sinclair   26146800

Anke Strydom   27230120

Carla Ten Napel   27320448


1. Seisoene van die jaar CAPS

2.Multilmedia

Plakkate- Om die verskill tussen seisoene en die kleredrag uit te beeld.

Video's- Om dit vir die kinders lekkerder en makliker te maak. So word hulle aandag behou en word die werk makliker onthou.

The Season song

Powerpoint en die gebruik van 'n witbord- Prente van die fisiese voorwerpe 

Winter- Serp
Somer-Bikini
Lente-Blom
Herfs-Blare

Web 2.0

Facebook- Groep stig met die ouers vir die uitvoer van huiswerk. 

Image result for facebook

You Tube- Vir die hersiening van liedjies of ekstra voorbeelde. 


Image result for youtube

3. Inleidingfase

Die leerders gaan leer hoeveel seisoene is daar, wat is die verskillende seisoene en wat is seisoene.
4.Onderrig- en leerfase

Die verskille tussen die seisoene gaan aan die leerders geleer word. Hul gaan ook uitvind watter tipe klere jy by watter seisoen aantrek. Die fisiese voorbeelde gaan ook dan by die klas omgestuur word sodat hulle aan dit kan vat, voel en ruik. Daar gaan dan aktiwiteite aan die leerders uitgedeel word, waar daar vasgestel gaan word of hul die onderwerp verstaan en dit bemeester het.
5.Afsluitfase

Die hoofkomponente van die onderwerp gaan weer aangeraak word, sodat dit herhaal kan word en die leerders dit beter kan onthou. Om die les af te sluit, gaan daar 'n video/ liedjie aan die leerders gewys word. Dit gaan ook dan op facebook geplaas word, sodat die ouers kan sien wat hul kinders in die klas doen en die liedjie gaan leer vir huiswerk. 




LESPLAN:

Vak/Subject
HOOFFOKUS / MAIN FOCUS
ü  Lewensvaardighede / Life Skills
     Aanvangsleer / Beginning Knowledge
     Fisiese onderrig / Physical education
     Kreatiewe kunste / Creative arts
     Persoonlike en- sosiale welstand / Personal and social wellbeing

GEINTEGREER MET / INTEGRATED WITH
ü  Tale / Languages
     Wiskunde / Mathematics
Tema/Topic
KABV KURRIKULUM / CAPS CURRICULUM:
KABV: Kwartaal 2- Week 1 Seisoene
Die 4 Seisoene

Graad/Grade
2
Tyd / Time
30min
Tipe leerder in vooruitsig gestel / Type of learner anticipated
Waardes/Values:
     Spesifiseer die verwagte verandering in gedrag / specify the anticipated change in behaviour

Die verandering in die persoon se bewuswording van die natuur. Die waardering van die natuur.

Doelwitte / Goals
Ø  Vaardighede/Skills:
Spesifiseer die vaardighede / specify the skills
·         Leerders moet die gepaste prentjie uit kan knip en plak by die regte seisoen naam.
·         Leerders moet instaat wees om die seisoene se naam korrek te skryf.

Kennis/Knowledge:
     Spesifiseer die konsepte / specify the concepts 
·         Leerders moet na die afloop van die les, die vier seisoene kan noem en so ook  identifiseer watter  kleur,maand en klere tot betrekking het op watter seisoen.
·         Die leerders gaan ook dus weet wat gebeur met die natuurlike omgewing tydens die seisoen ( verskillende veranderinge wat plaasvind)




Ø  Standaarde/Standards:
     Spesifiseer die internasionale vakstandaarde geinkorporeer / specify the international subject standards incorporated
Ø   

Lesuitkoms/
Lesson Outcomes
Na afloop van die les behoort die leerder te kan: / After conclusion of the lesson the learner will be able to:
1. Die vier seisoene by die naam kan noem.
2.Weet in watter maande die vier verskillende seisoene voorkom.
3. Die veranderings kan identifiseer wat plaasvind tydens elke seisoen.
4. Die gepaste klere kan noem en uitwys wat gedra word in elke seisoen.






Leerders met spesiale onderwys- behoeftes /
Learners with special educational needs


Moontlike hindernisse / Possible barriers
1. Tyd- moontlikheid dat daar nie genoeg tyd is om die volle konsep oor te dra nie.
2. Sosio-ekonomiese omstandighede
3. Studiemateriaal- gepaste studiemateriaal is nie tot die beskikking van die skool om die konsep ten volle oor te dra nie.
4. Swak klaskamer bestuur- dissipline word nie gehandaaf nie ; klas is onrustig en let nie op nie.




Inleiding/Introduction

1.    Aanbieding in minute / Presentation in minutes:
                     5min

2.    Aandag kry / Gaining attention:
Die aandag van die leerders word aan die begin van die les verkry deur die onderwyser wat vreemde objekte aan het en in die klas omstuur, wat gepas is tot die tema. Die onderwyser kan dus ʼn serp om haar nek hê wat die winter verteenwoordig asook ʼn baaikostuum wat sodoende die somer verteenwoordig. ʼn Herfs blaar kan gebruik word om die herfs seisoen uit te wys en ʼn blom vir die lente. Die onderwyser vra dus die leerders wat is die objekte en waarom hulle dink die onderwyser ita an het.

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Fisiese objekte- serp, baaikostuum, blom en herfsblaar

3.    Hersiening / Review:
Die onderwyser verwys die kinders terug na  die vorige les waar hulle vier kleure by die vier seisoene gepas het , dit word dus net gedoen dat die leerders onthou daar is wel vier seisoene wat nie dieselfde is nie.


*** Hulpbronne gebruik / Resources used:  KABV- werkboek ( Die vier seisoene)


4.    Doelwit / Purpose:

Die hoofdoelwit met die inleiding is dat die leerders die objekte kan identifiseer wat die onderwyser by haar het of aan het en sodoende kan sê by watter seisoen dit van pas is met wyse van hand opsteek. Alle sensoriese komponente word ook gestimuleer.



5.    Voorsmakie / Anticipation: (Engage; “hook”)
Die onderwyser maak van die begin af die les interessant omdat die onderwyser dus iets ongewoon doen in die klaskamer. Die leerders stel dus dadelik belang in die vreemde optrede van die onderwyser. Met die maklike vrae wat aan die leerders gestel word om te beantwoord skep dit dadelik belangstelling by die leerders ten opsigte van die tema.


*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Fisiese objekte – blom, herfsblaar,serp, baaikostuum







Hoofaktiwiteite/Main Activity

1.    Aanbieding in minute / Presentation in minutes:
                          15min


2.    Aanbieding van kennis en vaardighede / Presentation of knowledge and skills

Die leerders verstaan dus klaar dat daar 4 seisoene is ,tydens die hoofaktiwiteit gaan daar meer gefokus word op wat behels elke seisoen en wat presies in die seisoen gebeur. Die leerders gaan dus die seisoene by die naam kan identifiseer en dan neerskryf as ʼn begin. Die onderwyser klank die vier seisoene vir die leerders sodat hulle dit kan neerskryf. Die name van die seisoene is dus ook op verskeie plakkate in die klaskamer met ʼn gepaste prentjies waarna die onderwyser in die klas verwys om die geheue van die leerlinge te verfris. Daar sal prente op die witbord wees, sodat die leerders kan onderskei watter komponente kom by watter seisoen.



*** Hulpbronne gebruik / Resources used:  Seisoen plakkate , KABV werkboek, onderwyser


3.    Aktiwiteit deur leerders oor kennis en vaardighede / Activity for the learners about knowledge and skills (Explore, Explain):

Na die verduideliking van elke seisoen gaan die leerders dus instaat moet wees om ʼn werkkaart te voltooi. Die werkkaart verwag dus van elke leerder om die beskrywende prentjie by die korrekte seisoen te pas, bv. kleredrag. ( Wanneer dit warm is, dra ons koel klere verbind met die prentjie van ʼn meisie wat ʼn sonrokke dra) Verder in die werkkaart word daar verwag van die leerders om ʼn boom te teken wat dus by elke seisoen pas d.w.s : Die lente boom gaan dus bloeisels op hê , herfs boom min blare ens.


*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Werkstuk uit KABV werkboek , seisoen plakkate, fisiese objekte wat seisoene verteenwoordig en uitbeeld.



4.    Hersiening en terugvoer / Review and feedback  (Elaborate)

Die onderwyser verwys gedurig terug na die vorige les en die plakkate in die klas om sodoende seker te maak die kinders verstaan die konsep ten volle. Die onderwyser moet dus met die verduideliking seker maak dat die kinders die verskil tussen elke seisoen weet, en hoe die seisoen se spesifieke boom sou lyk, d.w.s die lente boom moet dus geteken word met bloeisels, die herfs boom met min bruin geel blare , winter boom met geen blare en die somer boom dus grasgroen. Wanneer die aspekte reg geteken word sal die onderwyser dus weet of die leerders die vier seisoene ten volle verstaan. Die leerders moet ook instaat wees om vrae te beantwoord oor hoekom die verskeie bome juis so lyk in die seisoen ( mondelings en op papier)







Afsluiting/Conclusion




1 comment:

  1. Lucky Club | The Lucky Club
    Lucky Club is a great place to learn how to win and share with friends, family and members! It's luckyclub all part of the Lucky Club family of online bookmakers and

    ReplyDelete